Die sewe doodsondes of sewe hoofsondes is 'n groep ondeugde in Christelike leringe.[1] Hoewel hulle nie spesifiek in die Bybel genoem word nie, is daar parallelle met die sewe dinge wat God haat volgens Spreuke. Gedrag of gewoontes word in dié kategorie geplaas as dit regstreeks aanleiding tot ander ontugtighede gee.[2] Volgens die standaardlys is dit hoogmoed, gierigheid, gramskap, afguns, wellus, gulsigheid en luiheid[2] – wat die teenoorgestelde van die sewe hemelse deugde is. Dié sondes word gewoonlik beskou as dat dit 'n mens se natuurlike passies uitbuit (gulsigheid buit byvoorbeeld 'n mens se passie om te eet uit).
Dié klassifikasie het ontstaan by die Woestynvaders, veral Evagrius Ponticus.[3] Sy leerling John Cassian het die klassifikasie na Europa gebring in sy boek The Institutes.[4] Hier het dit fundamenteel geraak in Katolieke belydenispraktyke, soos aangeteken in handleidings vir boetedoening en in kerkdienste, asook in Geoffrey Chaucer se Canterbury Tales en Dante se Purgatorio, waarin die boetvaardiges op die Berg van die Vaevuur gegroepeer word volgens hulle grootste sonde.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search